top of page

"Om ware, kreatiewe stories te vertel deur die hede te reflekteer in afwagting van die toekoms en met inagneming van die verlede."

Khaki Produksies

Khaki Produksies is ‘n produksiemaatskappy wat in deurtastende TV uitsaai-produksies spesialiseer. Khaki streef daarna om die hoogste kwaliteit produk te lewer. Aan die einde van 2011 span Khaki Produksies en African Mirror kragte saam. Wynand Dreyer se jarelange ervaring en Christelle Parrott se tegnologiese kundigheid stel hulle in staat om die huidige uitdagings van die bedryf die hoof te bied. Saam is hulle 'n gedugte span.

 

Khaki vervaardig nege dokumentêre programme vir die kykNET-reeks, Formidabele Vroue. In 2015 vervaardig hulle ‘n Wetenskaps-aktualiteitsreeks vir KykNET, “Debra Deel”, wat vanaf Julie tot Oktober te siene was.

"MegaBoere is halfuur profiele oor die grootste boere in die land en reeks 6 is aan die einde van 2020 uitgesaai.

In 2013 vervaardig hulle ‘n omvattende dokumentêr vir die CNBC-Africa kanaal op DSTV oor die SKA Radioteleskoop.

‘n Uurlange sake-dokumentêr oor die kosbedryf in Thailand is ook in 2013 op CNBC-Africa uitgesaai.

Khaki Productions vervaardig ook die Silwerskerm-kortfilm: “Die Beleefnis” in 2013.

Khaki vervaardig twee dokumentêre programme aan die einde van 2017.  "AMIRA" is 'n uurlange vermaaklikheidsprogram oor die Opera-wonderkind, Amira Willighagen.  "Christiaan Barnard: Deurbraak" gedenk die halfeeu-vieringe van die eerste menslike hartoorplanting in die wêreld.

In 2020 vervaardig Khaki ook die trefferreeks "Pelgrims" met Susan Booyens as aanbieder.  Die reeks van 13 episodes ondersoek verskillende godsdienste wat Afrikaanssprekendes beoefen.

In Oktober 2021 begin Khaki met hulle eerste onafhanklik-vervaardigde dokumentêr getiteld: "Call Me Miles".

Produksie van hierdie dokkie is afgehandel in die middel van 2022.

​

Wynand en Christelle is in 2013 vir 'n ATKV Mediaveertjies benoem en

wen in 2016 'n Mediaveertjie vir Beste Dokumentêre program:  Petronella van Heerden.  

In 2017 doen hulle dit weer en wen 'n Mediaveertjie vir Beste Nuus en Aktualiteitsprogram:  Megaboere III.

In 2018 wen hulle twee Veertjies vir "Amira" - beste Vermaaklikheidsprogram en

"Megaboere IV" - beste Nuus en Aktualiteitsprogram.

Christelle is in 2019 vir twee SAFTAs benoem - een vir beste kinematograaf in 'n dokumentêre program,

en die ander vir beste redigering van 'n dokumentêre program.

Absa Megaboere VI word in 2021 vir 'n SAFTA benoem in die kategorie "Beste Aktualiteitsprogram".

Christelle Parrott

Christelle Parrott

ATKV Mediaveertjies 2017 Wynand Dreyer en Christelle Parrott
ATKV Mediaveertjies 2018 Wynand Dreyer en Christelle Parrott
Wynand Dreyer

Wynand Dreyer

Foto:  Jurgen Marx  www.jurgenmarx.com

Foto:  Bernard Brand

bottom of page